OBS
los klagte oor banke in 71 dae op KAAPSTAD - Die Ombudsman
vir Bankedienste (ODS) sê die rekordgetal van 306 nuwe klagtes wat
hy verlede maand ontvang het kan deels toegeskryf word aan die feit dat
sy kantoor tussen Kersfees en Nuwejaar gesluit was en dat banke daadwerklike
pogings aangewend het om die OBS se dienste aan hul kliënte bekend
te stel. Volgens Melville moet die syfers in perspektief gesien word: dit moet vergelyk word met die tyd wat dit sou neem om dispute deur die gewone hofstelsel op te los en die OBS bied 'n altenatief vir die howe. Hy sê met 'n naam soos Ombudsman vir Bankdienste, is daar druk op sy kantoor om daad by die woord te voeg: Ons moet fokus op gehaltediens en spoed - wat noodsaaklik is vir die doeltreffende oplossing van probleme, veral as mens dink aan die impak wan finansiële dispute op die lewens van mense." Luidens navorsing van 'n onafhanklike
marknavorsingsgroep Markinor, wat in Oktober verlede jaar uitgevoer is,
was 44% van bankkliënte bewus van die kantoor van die ombudsman.
|